Akkommodasie op De Uijlenes (die trouplaas).
Die van julle wat uitsien na 'n naweek van lekker kuier, en nie lus is om ver te reis die aand NA die troue nie en sommer net wil omval langs die dansbaan kan gerus bly op De Uijlenes.
Die verblyf is sonder fieterjasies, (dit voel soos 'n plaasvakansie sonder die longdrop :)) en is skoon en netjies. Verblyf en kostes in ons venue is gelys hieronder.
Kontak asseblief vir Staci by De Uijlenes vir enige besprekings en gebruik “Aletta en Riaan” as verwysing.
· 40 x oopplan stapelbed slaapplek @ R60/persoon/nag, gedeelde badkamergeriewe (afsonderlik vir dames en mans). NB! Bring jou eie kussing, linne en kombers/slaapsak.
· 8 x kamers met slaapplek vir 4 persone maksimum in elke kamer @ R240/kamer/nag, gedeelde badkamergeriewe (afsonderlik vir dames en mans). NB! Bring jou eie kussing, linne en kombers/slaapsak.
· 6 x kamers met slaapplek vir 4 persone maksimum in elke kamer met ensuite badkamer. Beddegoed en linne word voorsien. R320/kamer/nag.
Akkommodasie in die omliggende area
- Uylenvlei Retreat – Die plaas reg langs De Uijlenes, 300m
- 028 388 0348
- 086 648 1038
- Platbos Forest – 1km vanaf De Uijlenes.
- “Glamping”. Vir die kampeerders.
- 082 411 0448
- Bodhi Kaya Retreat – Baviaansfontein Farm, 1.5km vanaf De Uijlenes.
- 028 388 0156
- 072 385 6976
- Farm 215 – 4km vanaf De Uijlenes, op die pad na B’bos.
- 028 388 0920
- 082 097 1655
- Grootbos Natuurreservaat – 5km vanaf De Uijlenes.
- 028 384 8000
Uilkraalsmond, Franskraal, Baardskeerdersbos, Gansbaai en De Kelders is almal in 'n radius van 7 tot 15 km vanaf De Uijlenes indien iemand verder wil soek vir verblyf.
No comments:
Post a Comment