Vrydag 19 Oktober
Diegene wat al van Vrydag af wil kom nes skrop en opwarm vir Saterdag se groot opskop, is welkom by die bring-en-braai tussen 18h00 en 21h00 op "The Old Barnhouse" se stoep. Bykosse en eetgerei word voorsien, bring net eie tjoppie. Ongelukkig kan eie drank nie ingebring word nie, maar daar is 'n billike kontantkroeg wat beskikbaar sal wees.
Sondag 21 Oktober
Dit sal lekker wees om die naweek af te sluit met 'n gesamentlike ontbyt by De Uijlenes. Niemand hoef verplig te voel om deel te neem nie, maar dit sal 'n goeie geleentheid wees om almal te groet.
Die koste vir die ontbyt is R40 pp (vir jou eie rekening) en sal bestaan uit 'n vasgestelde spyskaart van roereier, brood, kaas, konfyt, vrugteslaai met joghurt en gesondheids muffins. Koffie/tee en sap.
Laat weet asb saam met die RSVP of julle die Sondagoggend ontbyt sal bywoon. Bespreking is noodsaaklik, geen ekstra ontbyt kan voorberei word nie.
No comments:
Post a Comment